Tuesday, 09 February 2010
Home Home Articles / Artikels Featured Span laat pluime die praatwerk doen
La Familia Sports Bar and Grill
Span laat pluime die praatwerk doen PDF Print E-mail
Articles - Featured
Written by Hannes Nienaber   
Tuesday, 13 October 2009 10:19

DIE Kimberliet Sandra le Grange (Diamantveld) het saam met Jenny van den Berg (Noordwes) die titel as dubbelspel-kampioen van die nasionale o.17-pluimbaltoernooi in Bloemfontein verower. Die nasionale o.17-toernooi en interprovinsiale kompetisie is by Tempe beslis.

Le Grange en Van den Berg het teen Elmé de Villiers (Noord-Vrystaat) en Samantha Rigby (Noord-Gauteng) in die eindstryd as oorwinnaars uit die stryd getree. Van den Berg het ook in die enkelspel vir meisies en gemengde dubbelspel koning gekraai. Sy en Andries Malan (Boland) het in die gemengde dubbelspel hul kragte saamgesnoer.
In die eindronde het sy ná drie stelle daarin geslaag om De Villiers uit te oorlê. De Villiers het die toernooi as die derde gekeurde speler begin.

Sy het in die eerste ronde vir Liza-Marie Smith van Noord-Kaap 21?-?8 en 21?-?6 geklop. In die tweede ronde het sy geen probleme ondervind om vir Kanupi Toberts (Sedibeng) 21?-?8 en 21?-?12 uit te skakel nie.

Sy het toe vir Christie van der Berg (Vrystaat) 21?-?10 en 21?-?5 geklop. Jenny van den Berg het Lesÿa Kasselman (Vrystaat) 21?-?10 en 21?-?14 in die kwarteindronde uitgeskakel.

De Villiers het vir Van den Berg hard vir haar titel laat werk. Die Noord-Vrystater het die eerste stel 21?-?11 gewen. Die uiteindelike kampioen het toe in die tweede en derde stel 21?-?13 en 21?-?9 koning gekraai.

Kasselman (Oranje) was agtste gekeur vir die toernooi. Sy het in die eerste ronde vir Talita Tredoux (Boland) 21?-?8 en 21?-?7 uitgeskakel. In die tweede ronde het sy Simone Smith (Sedibeng) 21?-?10 en 21?-?7 uitgeskakel.

In haar volgende wedstryd het sy teen Graca Teixeira (Vrystaat) te staan gekom en 21?-?8 en 21?-?14 geseëvier om haar plek in die kwarteindronde te bespreek. )?Niekie Badenhorst (Diamantveld) het in die kwarteindronde teen die uiteindelike seunskampioen, Andries Malan (Boland), 6?-?21 en 10?-?21 vasgeval. Die Noord-Kapenaar het in die eerste ronde die Vrystater Marek Czereowicz 21?-?5 en 21?-?7 uitgeskakel. Hy moes ook eers vir Karabo von Bodenstein (Sedibeng) 21?-?8 en 21?-?4 klop om sy plek in die eerste ronde te verseker. Badenhorst sal baie tevrede met sy vertoning op die toernooi voel.

Le Grange het in die halfeindstryd teen De Villiers 15?-?21 en 18?-?21 verloor. Sy het Lydia Dhlangisa (Vrystaat, 21?-?9 en 21?-?14), Margerite Schoeman (Vrystaat, 21?-?8 en 21?-?11), Anri Schooness (Boland, 21?-?9 en 21?-?5) en Jamie Bailey (Westelike Provinsie, 21?-?10 en 21?-?15) geklop om tot die halfeindstryd te vorder.

Die Vrystaat en Noord-Kaap het gelykop teen mekaar op die interprovinsiale toernooi gespeel. Le Grange en Kasselman het mekaar behoorlik in hul kragmeting opgekeil. Le Grange is die toernooi se tweede gekeurde speler. Kasselman het die eerste stel gewen, terwyl Le Grange in die tweede stel baas was. Die speler van Diamantveld het in die derde stel 21?-?16 die naelbytstryd gewen.

In die gemengde dubbelspel het Tokkie Kasselman en Christie van der Berg ook ’n verrassing opgelewer toe hulle Le Grange en Badenhorst geklop het. Die Vrystaatse span het ’n vierde plek in die toernooi verseker. Lesÿa Kasselman is sesde gegradeer ná haar goeie vertonings op die toernooi.

 

Snippets

@lantic Sevens kicks off on 30 January

The @lantic Sevens Series will kick off this year on a high with the first tournament being a curtain raiser for the Super 14 warm-up match between the Vodacom Bulls and Lions on 30 Jan...

Readmore

Grey College has busy schedule for 2010

Grey College will play a lot more matches next year than they played the past couple of years. The team from Bloemfontein will open their season against the Harmony Sportacademy on 13 ...

Readmore

Soccer team sixth best

LOUIS BOTHA’S soccer team is the sixth best schools team in South Africa. The team from Bloemfontein recently participated in the South African Schools Football Association’s nation...

Readmore

More in: Snippets

100%
-
+
3
Show options

Your are currently browsing this site with Internet Explorer 6 (IE6).

Your current web browser must be updated to version 7 of Internet Explorer (IE7) to take advantage of all of template's capabilities.

Why should I upgrade to Internet Explorer 7? Microsoft has redesigned Internet Explorer from the ground up, with better security, new capabilities, and a whole new interface. Many changes resulted from the feedback of millions of users who tested prerelease versions of the new browser. The most compelling reason to upgrade is the improved security. The Internet of today is not the Internet of five years ago. There are dangers that simply didn't exist back in 2001, when Internet Explorer 6 was released to the world. Internet Explorer 7 makes surfing the web fundamentally safer by offering greater protection against viruses, spyware, and other online risks.

Get free downloads for Internet Explorer 7, including recommended updates as they become available. To download Internet Explorer 7, please visit the Internet Explorer 7 download page.