GOUTIES VAT LOUERE IN DERBY
In ‘n wedstryd wat die inwoners van Welkom belangriker ag as ‘n wedstryd waarin die Griffons speel het ongeveer 2000 toeskouers toegesak op die veld om te sien wie word hierdie jaar gekroon as die sportskool van Welkom. Op skolevlak weet ons almal al dat jy kan al jou wedstryde deur die dag verloor, maar as die 1ste rugbyspan sy wedstryd wen het jy die derby ook gewen.
VYF MINUTE MET NICO
Dit is baie min dat ‘n speler in vir ‘n groot rugbyskool al van Graad 9 vir die eerstespan uitdraf en dit maak Nico se prestasie net nog meer merkwaardig.
Volgens Nico was dit ‘n onvergeetlike en trotse gevoel toe hy op die veld draf en sê hy “dis ‘n gevoel wat ek aan niemand kan beskryf nie”
|







